Maaltye sonder moeite (Afrikaans Edition)
Book information
Description
"Maaltye sonder moeite is ’n Suid-Afrikaanse resepteboek wat op die hele familie gemik is. Die outeurs is daarvan bewus dat die lewe baie veeleisend vir ’n werkende mamma kan wees. Daarom het hulle resepte aangepas wat by babas, kleuters en die hele gesin aanklank sal vind. Slegs plaaslik beskikbare bestanddele word gebruik en ’n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge is ingesluit. Die boek volg die selfspening-benadering en bevat nuttige voorstelle, asook inligting oor hoe om die oorgang van bors-/formulemelk na vaste kosse so maklik moontlik vir mammas en babas te maak. Daar is ’n volledige afdeling oor borsvoeding, asook die regte tydperk om met vaste kosse te begin. Die selfspening-metode stel voor dat die baba deel word van etenstye en hulle vingerhappies vanuit die eetstoeltjie geniet terwyl die gesin eet. Maaltye sonder moeite bevat meer as 120 gesonde en maklike resepte wat alles van purées vir die baba, tot heerlike etes vir die hele gesin. "
Similar books
Eet Heerlik
2013 · EPUB
'n Enkele verhaal: Die jag op 'n reeksverkragter
2020 · EPUB
My stryd met ADHD: Die onsigbare oorlog
2020 · EPUB
Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die kerk
2020 · EPUB
Ridders van die grondpad: 'n Gids vir avontuur-motorfietse
2014 · EPUB
Jagveld
2017 · EPUB
Haar naam is Ragel
2013 · EPUB
Haar ma se kind
2015 · EPUB