Jagveld
Book information
Description
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel: Jakhalsdans: Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. 'n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in 'n stuurs kluisenaar. Die laaste tango: Ná hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na 'n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, 'n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp. Die ballade van Robbie de Wee: Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom 'n tweede, lááste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van 'n jong meisie om alles weer in duie te laat stort. Jagveld: Die gewetenlose Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . En word sy hier in die Groot-Karoo soos 'n dier gejag. Tog skuil daar 'n donkerte agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . .
Similar books
The Banshees of Inisherin
2022 · EPUB
Hollywood Screenwriting Directory Spring/Summer Volume 4: A Specialized Resource for Discovering Where & How to Sell Your Screenplay
2014 · EPUB
There's No Such Thing As Ghosts, Right?
2014 · EPUB
Duet for Cannibals: A Screenplay
2015 · EPUB
In Dreams: Screenplay
2013 · EPUB
Hollywood Screenwriting Directory Spring 2013: A Specialized Resource for Discovering Where & How to Sell Your Screenplay
2013 · EPUB
Life In Squares
2016 · EPUB
The Lives of Others: A Screenplay
2014 · EPUB