Boererate
Book information
Description
As jong seun het Danie Smuts met 'n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir 'n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van 'n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel. Toe Boererate – 'n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik 'n treffer. Sedertdien het dié besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie. 'n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp: 1.) Plaas 'n bottel whiskey en 'n glas saam met 'n brandende kers langs jou bed. 2.) Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug. 3.) Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap. Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk 'n hoofpyn oorhou.
Similar books
Just Breathe: Leading Myself One Breath at a Time
2019 · EPUB
Relate - After The Affair: How to build trust and love again
2008 · EPUB
The New Parkinson's Treatment: Exercise is Medicine
2019 · EPUB
48 Hours to a Healthier Life
2003 · EPUB
Laws of Managing Credit Card Debt: The Complete Success Guide to Eliminate Credit Card Debt
2015 · EPUB
The Weekend Weight-loss Plan: Detox, Shape Up and Feel Fabulous
2006 · EPUB
The Relate Guide to Better Relationships: Practical Ways to Make Your Love Last
2008 · EPUB
Divorciada pero virgen
2016 · EPUB