Japtrap-Braai
Book information
Description
Die braai is sonder twyfel dié gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Enige geleentheid—van geesbou tot 'n belangrike rugby-, sokker-, of krieketwedstryde, tot verjaardae en langnaweke, of net 'n blaaskans ná 'n uitputtende week—het nie 'n tweede uitnodiging nodig om familie en vriende vir 'n braai bymekaar te kry nie. As dit boonop moeiteloos, met die smaaklikste kos kan gebeur, is dit eenvoudig perfek. Hilary Biler maak die voorbereiding van kos tydens 'n braai so eenvoudig moontlik. Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie—die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die ingeboude houtskool/hout-braai. Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap-instruksies weergegee. Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur—beesvleis, lamsvleis, varkvleis, hoender, vis, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en nageregte, elkeen met foto's om jou eetlus aan te wakker. Al wat jy benodig, is jou voorskoot en 'n braaitang ...
Similar books
제사와 축문(祭祀와 祝文)
2012 · EPUB
Taste Pure and Simple: Irresistible Recipes for Good Food and Good Health
2012 · EPUB
Рецепты повседневных блюд. Вкусно и просто
2023 · EPUB
PASA私廚房.慢滋味
2017 · EPUB
The Guide To Great Beer Brewing
2013 · EPUB
Dieting and Weight Loss: Clean Eating Recipes with Green Smoothies
2013 · EPUB
Gluten Free Recipes: Gluten Free Diet and Gluten Free Vegan
2013 · EPUB
The Venison Cookbook: Venison Dishes from Fast to Fancy
2011 · EPUB