Dwars: mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan
Book information
Description
Max du Preez het 'n helse storie om te vertel. Tydens sy loopbaan as 'n hardegat-joernalis is hy drie keer afgedank; sewe keer weens laster gedagvaar; dertien keer krimineel aangekla en het hy drie vliegtuigongelukke, twee sluipmoordpogings en 'n bomaanval oorleef. Hy was in Soweto op 16 Junie 1976, hy was ooggetuie van die losbandige partytjies van ministers tydens die apartheidsjare en het 'n sterwende soldaat se woorde in 'n Angolese dorpie aangehoor. Hy het die Vlakplaas-baas Dirk Coetzee in die oë gekyk en sy hele verhaal van die polisie se moordbendes gepubliseer. Toe hy self by Vlakplaas gaan kuier het, was hy gelukkig om lewendig daar weg te kom. Max is bekend as die stigter en redakteur van die koerant Vrye Weekblad, vir sy weeklikse televisie-program oor die Waarheids-en-Versoeningskommissie en die program Special Assignment. Sy verhaal neem jou op 'n merkwaardige reis, van die teenstrydighede in die geskiedenis tot by die probleme en prestasies van die hede; van die gange van die parlement tot by die rooi duine van die Namib; van brandende townships tot by die geheime hoofkwartiere van klandestiene operasies; van Noord-Ierland en Oos-Duitsland tot in Bosnië en Rwanda; van die De la Rey-debat tot die Reitz-video-debakel. Hy sal jou aan generaals en guerrillas, presidente en sluipmoordenaars voorstel. Hy vertel dit alles in sy reguit, uitgesproke styl waarvoor baie hom bewonder, maar wat hom ook in die sop by die vorige en die huidige regimes laat beland het. Dwars is 'n storie van groot drama, van die risiko's van ondersoekende joernalistiek in die voorste linies. Dit is omstrede, want soos gewoonlik is Max nie bang om bloot te lê wat ander wil verberg nie. Dit is vol insigte en gee 'n fassinerende ontleding van die politiek van suider-Afrika deur 'n bekwame joernalis wat dit eerstehands ervaar het.
Similar books
Waiting to Be Arrested at Night: A Uyghur Poet's Memoir of China's Genocide
2023 · EPUB
Sushma Swaraj: The Peoples Minister
2019 · EPUB
战神韩信 (Han Xin, the God of war)
2012 · EPUB
The Path of the Holy Graal: Mary Magdalene, Joseph of Arimathea and Les Saintes Maries de la Mer
2017 · EPUB
The Presidents: The Seven-Day Scholar
2012 · EPUB
Álvaro Obregón: Luz y sombra del caudillo
2023 · EPUB
Najkrótsze stulecie
2022 · EPUB
草根王朝 (The Grassroots Dynasty): 刘邦与朱元璋时代 (TheAges of Liu Bang and Zhu Yuanzhang)
2010 · EPUB