Die Brug: Na die hel en terug in Angola (Afrikaans Edition)
Book information
Description
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg. In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing. Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het. Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing. Titelbladsy Opdrag Vooraf DEEL 1: REISE NA DIE HEL 1. Die nagvlug 2. Die burgemeester van Mavinga 3. Operasie Hooper: Dodelike Kersgroete en ’n vuurdoop 4. Bloedige Valentynsdag 5. Tumpo 1: Die poorte van die hel 6. Tumpo 2: Terug na die hel 7. Operasie Packer: Laaste aanslag op die brug by Cuito Cuanavale 8. Tussenspel 9. Operasie Exite: Eindspel by Calueque DEEL 2: REISE VAN GENESING 10. Terug na Cuito Cuanavale 11. Dwaalkoeëls langs die onthoupad 12. By Mielie se Ratel 13. Slagvelde aan die tuisfront: Killik en Zelta 14. Jannie en Ilse 15. Daniël 16. Oor die verlies van ’n seun Nabetragting Bedankings Bronnelys Oor die boek Opsomming Oor die skrywer Kolofonbladsy
Similar books
Lig vir die Land van Son - Japan
1979 · PDF
Vandag se Martelaarskerk - Vir Christus Gemartel
Afrikaans Handbook & Study Guide: An English Student's Guide to Afrikaans
2024 · PDF
Piekfyn Afrikaans ’n Geïntegreerde taalteks, Graad 12: Eerste Addisionele Taal — Onderwysersgids
2012 · PDF
Piekfyn Afrikaans ’n Geïntegreerde taalteks, Graad 12: Eerste Addisionele Taal — Leerderboek
2012 · PDF
Piekfyn Afrikaans ’n Geïntegreerde taalteks, Graad 11: Eerste Addisionele Taal — Onderwysersgids
2012 · PDF
Piekfyn Afrikaans ’n Geïntegreerde taalteks, Graad 11: Eerste Addisionele Taal — Leerderboek
2012 · PDF
Piekfyn Afrikaans ’n Geïntegreerde taalteks, Graad 10: Eerste Addisionele Taal — Onderwysersgids
2012 · PDF